fbpx

Klassieke musiekfeeste span kragte saam vir digitale konsertreeks

Die Klassique Baroque-fees vind vanjaar vir die eerste keer plaas en is ’n samewerking van twee van Suid-Afrika se klassieke musiekfeeste: Klein Karoo Klassique, wat jaarliks in Oudtshoorn plaasvind, en die Kaapstad Barokfees, wat jaarliks in Kaapstad aangebied word.

Hierdie feeste kon weens die Covid-19-pandemie nie in 2020 plaasvind nie, maar span nou kragte saam om vier eksklusiewe musiekkonserte aan te bied. Die konserte is spesiaal vir dié aanlynfees, met die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting, opgeneem. Ian Burgess-Simpson Pianos het ’n Fazioli-klavier gratis vir die konserte beskikbaar gestel.

“Ons is oorweldig deur die ongelooflike belangstelling en digitale bywoning van Klein Karoo Klassique se eerste aanlyn konsertreeks in September, en sien daarna uit om gehore in Oktober met vier splinternuwe, uitstaande klassieke musiekkonserte te bederf”, sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), wat jaarliks ook Klein Karoo Klassique aanbied. 

Die eerste van hierdie konserte debuteer op Donderdag 1 Oktober. Daarna word ’n nuwe uitvoering elke Donderdag vrygestel. Uitvoerings is vanaf 18:00 op die onderskeie Donderdae, tot Saterdag 31 Oktober om middernag beskikbaar om te kyk.

Erik Dippenaar, artistieke direkteur van die Kaapstad Barokfees, vertel dat hulle die samewerking met Klassique geniet, omdat beide feeste ’n sterk fokus op kamermusiek het. “Hierdie reeks konserte strek oor ’n veelsydige repertoire wat wissel van die eerste helfte van die 17de, tot die mid-20ste eeue,” vertel Dippenaar. “Ek was gelukkig dat ek van my gunsteling-Suid-Afrikaanse musikante kon kies om mee saam te werk in die samestelling van dié program. Elke musikant is uitgesoek vir hulle kenmerkende eienskappe en sterkpunte en die eindresultaat is ’n opmerklik-unieke kamermusiek-ervaring.”

Lynelle Kenned (sopraan), Ralitza Macheva (barokviool), Refiloe Olifant (barokviool) en Erik Dippenaar (klavesimbel) begin die program met Misshapen Pearls, ’n opwindende program wat op die sterk kontraste in Barokmusiek fokus, asook die improvisasie-aspek van musiek uit hierdie tydperk, wat intrinsiek deel van die estetika daarvan vorm.

Met Haydn in London voer lede van Camerata Tinta Barocca [Liesl Stoltz (dwarsfluit), Refiloe Olifant (eerste viool), Bonolo Kgaile (tweede viool), Lynn Rudolph (altviool), Cheryl de Havilland (tjello), Mariechen Meyer (kontrabas) en Erik Dippenaar (klavesimbel)] Joseph Haydn se geliefde Surprise Symphony uit, soos verwerk vir kamermusiek-ensemble deur Johann Peter Salomon. Die program word aangevul deur CPE Bach se Hamburger Sonate vir dwarsfluit en continuo, wat die eerste keer in 1786 gepubliseer is.

Janel Speelman (sopraan) en Esthea Kruger (klavier) bied in 1840 ’n program van lieder en musiek vir solo-klavier deur Robert Schumann aan. Al die lieder in hierdie program dateer uit 1840, Schumann se sogenaamde Liederjahr, ook die jaar waarin hy met Clara Wieck getrou het. Dit sluit werke uit die liedsiklus Myrthen Op. 25 en Liederkreis Op. 39 in. Kruger voer ook die Sonate no. 2 in G-mineur Op. 22 uit. Die tweede beweging van dié werk is gebaseer op Im Herbste, een van die lieder in hierdie program.

Die hoogaangeskrewe Zomari Duo [Bridget Rennie-Salonen (dwarsfluit) en James Grace (kitaar)] sluit die Klassique Baroque-fees af met Histoire du Tango, ’n uiteenlopende uitvoering van opwindende musiek vir dwarsfluit en kitaar uit Suid-Amerika. Die program gebruik die ikoniese werk van Astor Piazzolla, L’histoire du tango, as vertrekpunt. Dit bevat ook werke van die Brasiliaanse komponis, Celso Machado en die Argentyn, Máximo Diego Pujol.

Kaartjies vir hierdie vier uitvoerings is tot 31 Oktober beskikbaar en kos slegs R100 per uitvoering by Quicket. ’n Beperkte aantal pakkette vir al vier uitvoerings is teen slegs R300 beskikbaar. 

Besoek https://www.kknk.co.za/klassique-baroque/ vir meer inligting oor dié aanlyn klassieke musiekkonsertreeks.


KKNK Mothership Sessions-musiekreeks: EET KREEF HERLEEF!

Donderdag 24 September om 20:00

EET KREEF HERLEEF! is ’n produksie wat nuwe lewe gee aan die ikoniese album wat in 1989 uitgereik is deur Johannes Kerkorrel en Die Gereformeerde Blues Band. In die hedendaagse weergawe laat die musiek die kranse antwoord gee in ’n moderne herinterpretasie van hierdie satiriese, dog salwende musikale meesterstuk.

Read More

KKNK Mothership Session: Roan Ash

Premieres on Thursday 17 September at 20:00

Roan Ash, one of South Africa`s most successful country-blues singers, has had his music streamed more than 30 million times by fans all over the world. The album titled “Whiskey to my Soul”, that was released in 2018, reached platinum status in less than a year after its release and paved the way to exciting new ventures in this super-talented musician’s career.

Read More

KKNK Mothership-sessie: Anna Davel

Donderdag 10 September om 20:00

Die geliefde sangeres, Anna Davel se opwindende loopbaan het begin as die algehele wenner van die ATKV-Crescendo (’n nasionale sangkompetisie) in 1997, en haar tyd as deel van die a capella-groep, Cutt Glas het haar dwarsoor die wêreld na onder andere België, Portugal, Finland en China geneem. 

Read More

KKNK creates and innovates in 2020

Although the KKNK did not take place in its traditional format this year, the festival lives on in innovative ways and on various other platforms.”

These are the words of Hugo Theart, Artistic Director of the Klein Karoo National Arts Festival (KKNK). Due to the current Covid-19 pandemic, the KKNK could not be presented in Oudtshoorn for the first time in 26 years.

Read More

KKNK skep vernuwend in 2020

Die KKNK het nie vanjaar in die tradisionele vorm plaasgevind nie, maar die fees leef voort op innoverende maniere, op verskeie ander platforms.”

So sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK). Die KKNK is weens die Covid-19-pandemie vanjaar vir die eerste keer in 26 jaar nie op Oudtshoorn aangebied nie.

Read More

KKNK Mothership Sessies-musiekreeks: Jan Blohm

Donderdag 27 Augustus om 20:00

Dié musiekreeks word aangebied deur die KKNK, Mothership Studios en Netwerk24.

Die gewilde sanger Jan Blohm het sy solo-loopbaan in 2004 afgeskop met die vrystelling van sy debuutalbum,Melkstraat Confessions. Sy roerende lirieke en vertonings het oornag vele aanhangers gelok. Hierdie onvergeetlike album het die rock-wêreld op sy kop gedraai en vir Blohm vele toekennings in 2005 ingepalm.

Read More

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google